Wat ‘n wonderlike fotosessie met ‘n pragtige paartjie, die laatmiddag son was sag en die landskap idillies…by ‘n ou plaaskerk en tussen die garingbome het Lootie en Marguerite hul saamwees opnuut aan mekaar belowe. ‘n Spesiale dank ook aan Lootie wat my gehelp het om weer tuis te kom – hy moes help om ‘n pap band om te ruil!